Ondersteuningstelsels vir pasiënte met verworwe immuniteitsgebreksindroom

Gedurende die navorser se dienstydperk as infeksiebeheerverpleegkundige, was daar noue kontak met pasiente met Verworwe Immuniteitsgebreksindroom (VIGS). Gedurende hierdie kontak is verskeie behoeftes van die pasient met betrekking tot gesondheidsdienste en ondersteuningstelsels geidentifiseer. Disk...

Full description

Saved in:
Bibliographic Details
Main Authors: H.A. Uys (Author), S.D. Roos (Author), H.H.M. Uys (Author)
Format: Book
Published: AOSIS, 2002-09-01T00:00:00Z.
Subjects:
Online Access:Connect to this object online.
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
Description
Summary:Gedurende die navorser se dienstydperk as infeksiebeheerverpleegkundige, was daar noue kontak met pasiente met Verworwe Immuniteitsgebreksindroom (VIGS). Gedurende hierdie kontak is verskeie behoeftes van die pasient met betrekking tot gesondheidsdienste en ondersteuningstelsels geidentifiseer. Diskriminasie en die toets van pasiente vir Menslike Immuniteitsgebrekvirus (MIV) teenliggame sonder hulle toestemming, is van die leemtes wat geidentifiseer is. Die doel van die studie is om die aard en die omvang van die omvattende gesondheidsorgdienslewering vir pasiente met VIGS te bepaal. Die navorsingsontwerp is 'n kontekstuele, verkennende en beskrywende opname wat in die noordelike helfte van die Gauteng Provinsie uitgevoer is. Kriteria oor die aard en die omvang van omvattende gesondheidsorgdienste te bepaal is met behulp van literatuurstudie opgestel. Data is deur middel van gestruktureerde onderhoude met verpleegkundiges werksaam by die ge'fdentifiseerde dienste en pasiente wat van die dienste gebruik maak, ingesamel.
Item Description:0379-8577
2223-6279
10.4102/curationis.v25i2.755